Sunday, November 2, 2008

Stilwaterskliniek

Jagersbosch bedryf die Stilwaterskliniek. Hierdie kliniek se dienste is beskikbaar aan almal wat dit mag benodig. Die dienste sluit in na-operatiewe sorg en die versorging van terminale pasiente. Die kliniek is onlangs vergroot om soveel as 15 pasiente te akkomodeer. Die nuwe aanbouings bestaan uit 'n traumakamer, vertrekke vir verswakte pasiente se versorging en wasgeriewe.