Sunday, October 26, 2008

Behuising in Soeterus, Melkhoutfontein

Soeterus vorm deel van die Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum. Die Soeteruskompleks bestaan uit die Moses Kleinhanskliniek, Soete Inval Botaniese Tuin, Soete Arbeid Werkswinkel, Stillerus transito-sorgeenheid, 10 huisies vir bejaardes en gestremdes en die voedseldiens. Verlede jaar het Jagersbosch befondsing van die Hessequa Raad ontvang om die Stillerus eenheid te vergroot. Tans is daar behuising vir 21 mense: tweeslaapsale vir 14 vroue en een slaapsaal vir 8 mans. By die amptelike opening op 4 Augustus het die Burgemeester Chris Taute, Hessequa Raadslede en mnr Johan Jacobs, Munisipale bestuurder, die terrein ebsoek. Hulle is hartlik vir die R200 000 bedank. Al die bouwerk is deur plaaslike kontrakteurs gedoen.

In Oktober 2008 het die raad n verdere bedrag van R175 000 aan Jagersbosch geskenk om die Stillerus Transito-sorgeenheid met nog n slaapsaal, waskamer en groot stoep te vergroot. Bouwerk behoort einde 2008 n aanvang te neem.

Met die Nomads, n groep gholfspelers wat oa fondse vir minderbevoorregtes insamel, se ruim bydrae van R85 000, kon die 10 huisies vir bejaarde en gestremde inwoners van Soeterus opgradeer word. Mnr Ward-Able van Suidkaap Nomads is hartlik bedank vir hulle wonderlike bydrae.

No comments: