Sunday, October 26, 2008

Voedseldiens doen wonderlike werk

Die voedseldiens het vanaf April 2007 tot Maart 2008 31 914 etes verskaf. Die diens poog om gebalanseerde etes teen sakpaspryse te verskaf. Die verhoogde voedelpryse het veroorsaak dat hulle ook die knyp begin voel het. Om die pryse van etes, wat volgens n glyskaal gebaseer op inkomste van lede bereken word, nie te verhoog nie, is besluit om slaai en nagereg om die beurt te bedien. Slegs Sondag se middagetepryse is verhoog. Daar is ook n beroep op lede van Jagersbosch gedoen om nie-bederfbare voedsel op n maandelikse basis, te skenk. Op hierdie wyse kan Jagersbosch hulle missie om met liefdevolle ondersteuning en sorg die bestaan van n bemagtigde en gesonder gemeenskap moontlik te maak, in woord en daad uitleef. Mev Bernice Kapp is tans die Bestuurder.

No comments: